Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die Here sê vir die vals profete: “Julle mislei my volk! Julle beloof vrede vir die mense wat vir julle kos gee, maar verklaar oorlog teen hullewat weier om te betaal.

6. Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene.Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan sê nie.Die son gaan sak vir die profete.Hulle dae is getel.

7. Die sieners sal in die skande kom,die waarsêerssal verleë staan.Uit skaamte sal hulle almal hulle gesigte bedek, want daar is geen antwoord van God nie.”

8. Wat my lewe betref, ek is vol van die Geesteskrag van die Here. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vreessal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes.

9. Luister na my, leiers van Israel! Julle haat regverdigheid en verdraai die reg.

Lees volledige hoofstuk Miga 3