Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Luister, leiers van Israel! Is julle nie veronderstelom te onderskei tussen reg en verkeerd nie?

2. Julle haat egter wat goed is en is lief vir wat sleg is.Julle slag mense lewendig afen skeur hulle vleis van hulle bene af.

3. Julle eet my volk se vleis, sny hulle velle af, breek hulle bene aan stukke.Julle kap hulle op soos vleis vir die kookpot.

4. As julle na die Here roep vir hulp in nood, sal Hy Hom nie aan julle steur nie. Na al die verkeerde dinge wat julle gedoen het, sal Hy julle ignoreer!

5. Die Here sê vir die vals profete: “Julle mislei my volk! Julle beloof vrede vir die mense wat vir julle kos gee, maar verklaar oorlog teen hullewat weier om te betaal.

6. Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene.Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan sê nie.Die son gaan sak vir die profete.Hulle dae is getel.

Lees volledige hoofstuk Miga 3