Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3:13-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. lê jou hand op sy kop en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Die seuns van Aäron sal dan die bloed van die bok teen die kante van die altaar sprinkel.

14. ’n Deel van die offer moet vir die Here as ’n vuuroffer gegee word. Dit sluit in die vet aan die binnegoed,

15. die twee niere met die vet rondom en ’n deel van die lewer wat saam met die niere verwyder word.

16. Die priester sal dit op die altaar as voedsel verbrand, as ’n vuuroffer vir die Here. Onthou, al die vet behoort aan die Here.

17. “Jy mag nooit enige vet of bloed eet nie. Dit is ’n vaste voorskrif vir jou en jou nageslag, waar hulle ook al bly.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 3