Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “As jy ’n maaltydoffer uit jou beestrop wil bring, gebruik ’n bul of ’n koei. Die dier wat jy vir die Here offer, mag nie enige gebreke hê nie.

2. Lê jou hande op die kop van die dier en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Aäron se seuns, die priesters, sal dan die bloed van die dier teen die kante van die altaar sprinkel.

3. ’n Deel van die maaltydoffer moet vir die Here gegee word as ’n vuuroffer. Dit sluit in: die vet van die binnegoed,

4. die twee niere met die vet rondom, en ’n deel van die lewer wat saam met die niere verwyder moet word.

5. Die seuns van Aäron verbrand dit op die altaar bo-op die brandoffer op die houtvuur. Dit is ’n vuuroffer wat aangenaam is vir die Here.

6. “As jy ’n maaltydoffer vir die Here uit jou kleinvee bring, kan dit ’n bok of ’n skaap wees. Dit mag ook ’n ram of ooi wees, maar dit mag nie enige foute hê nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 3