Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 26:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Julle moet my Sabbatdae onderhou en eerbied hê vir my heiligdom. Ek is die Here.

3. “As julle my reëls nakom en my gebooie noukeurig gehoorsaam,

4. sal Ek dit laat reën op die regte tyd. Die land sal dan sy opbrengs lewer en die bome sal vrugte dra.

5. Julle sal graan oes totdat dit tyd is vir die druiwe-oes. Julle druiwe-oes sal weer duur totdat dit tyd is om graan te plant. Julle sal genoeg hê om te eet en in veiligheid in die land woon.

6. “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar.

7. Om die waarheid te sê, julle sal julle vyande agtervolg en hulle met julle swaarde vernietig.

8. Net vyf van julle sal 100 agtervolg en 100 van julle sal 10 000 agtervolg. Al julle vyande sal onder julle wapens tot ’n val kom.

9. “Ek sal julle my guns bewys, Ek sal julle baie laat word en Ek sal my verbond met julle nakom.

10. Julle sal so ’n surplus oesopbrengste hê dat julle van die vorige jaar se oes sal moet ontslae raak om plek te maak vir die nuwe oes.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 26