Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 23:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Gee vir die Israeliete instruksies oor die feeste wat die Here aangewys het, feeste waarheen julle almal opgeroep word om My te kom aanbid.

3. Jy mag elke week vir ses dae lank werk, maar op die sewende dag moet alle werk tot stilstand kom. Dit is die Here se Sabbatdag van algehele rus. Dit is ’n heilige dag om bymekaar te kom vir aanbidding. Dit moet nagekom word waar julle ook al woon.

4. Behalwe die Sabbatdag, het die Here ook feeste ingestel, heilige byeenkomste wat op spesifieke tye gedurende die jaar gehou moet word.”

5. “Die Paasfees van die Here begin teen skemer op die veertiende dag van die eerste maand.

6. Die dag na die Paasfees begin die Fees van die Ongesuurde Brood. Die fees vir die Here hou vir sewe dae lank aan en gedurende dié tyd mag julle net brood eet wat gemaak is sonder suurdeeg.

7. Op die eerste dag van die fees moet die hele volk ophou werk en vir ’n heilige byeenkoms bymekaarkom.

8. Op elk van die volgende sewe dae moet die volk ’n vuuroffer vir die Here bring. Op die sewende dag moet die volk weer ophou werk om ’n heilige byeenkoms te hou.”

9. Toe het die Here vir Moses beveel

10. om die volgende instruksies vir die Israeliete te gee: “Wanneer julle in die land bly wat Ek aan julle gee, en julle samel die eerste oes in, bring vir die priester die eerste gerf van die graanoes.

11. Die priester sal dit op die dag ná die Sabbat in die teenwoordigheid van die Here oplig sodat dit ter wille van julle aanvaar kan word.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 23