Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 22:24-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. ’n Dier met beseerde testikels of wat gekastreer is, mag nooit vir die Here geoffer word nie.

25. Verminkte of gebreklike diere van vreemdelinge mag ook nie as ’n offer aan julle God geoffer word nie. Sulke diere is onaanvaarbaar omdat hulle gebreklik is.”

26. Die Here het ook vir Moses gesê:

27. “Wanneer ’n bul of ’n skaapram of bokram gebore word, moet dit sewe dae lank by sy ma bly. Vanaf die agtste dag is dit aanvaarbaar as ’n vuuroffer vir die Here.

28. Jy mag nie ’n vroulike dier en haar kalf of lam saam op dieselfde dag slag nie.

29. Wanneer jy ’n dankoffer vir die Here bring, doen dit só dat dit ter wille van jou aanvaar sal word.

30. Eet die hele offerdier op die dag waarop dit gebring is. Jy mag niks laat oorbly tot die volgende dag toe nie. Ek is die Here.

31. “Julle moet al my gebooie getrou nakom en gehoorsaam daaraan wees, want Ek is die Here.

32. Moenie my heilige Naam ontheilig nie. Die volk Israel moet My as die Heilige erken. Dit is Ek, die Here, wat julle heilig maak.

33. Dit was Ek wat julle uit Egipte gered het sodat Ek julle God kan wees. Ek is die Here.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 22