Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 20:22-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. “Julle moet al my reëls en regulasies noukeurig gehoorsaam, anders sal die land waarheen Ek julle bring, julle uitspoeg.

23. Moenie die gebruike van die volke wat Ek voor julle uitdryf navolg nie. Dit is omdat hulle sulke verskriklike dinge doen dat Ek hulle so verafsku.

24. Ek het jou belowe dat julle hierdie baie vrugbare land sal erf. Ek, die Here, is julle God en Ek het julle afgesonder van al die ander volke.

25. “Daarom moet julle tussen rein en onrein diere, en tussen rein en onrein voëls onderskei. Julle moet julleself nie onrein maak deur ’n dier of voël of iets wat op die aarde kruip te eet wat Ek verbied het nie.

26. Julle moet heilig wees, want Ek, die Here, is heilig. Ek het julle afgesonder van al die ander volke om my eiendom te wees.

27. “Mans en vroue onder julle wat hulle besig hou met geeste of beswerings moet gestenig word. Hulle is skuldig aan ’n baie ernstige oortreding.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 20