Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 20:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Gee vir die Israeliete hierdie instruksies. Dit is instruksies wat van toepassing is op sowel gebore Israeliete as die vreemdelinge wat tussen julle lewe. As enigiemand onder julle hulle kinders aan Molek as brandoffers wy, moet hulle deur die mense van die gemeenskap gestenig word.

3. Ek sal self teen hulle optree en hulle van die gemeenskap afsny omdat hulle my heiligdom onrein gemaak het en my heilige Naam ontheilig het deur hulle kinders aan Molek te gee.

4. As die mense van die gemeenskap hierdie kinderoffers aan Molek ignoreer en weier om die skuldige ouers dood te maak,

5. sal Ek teen hulle optree en hulle uit die gemeenskap verwyder saam met almal wat prostitusie gepleeg het deur Molek te aanbid.

6. “As iemand onder die volk ontrou is deur geeste of waarsêers te raadpleeg, sal Ek teen hulle optree en hulle verwyder van die gemeenskap.

7. Sonder julleself af om heilig te wees, want Ek, die Here, is julle God.

8. Hou my gebooie en wees gehoorsaam, want Ek is die Here wat julle heilig maak.

9. “Elkeen wat sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word. Hulle is skuldig aan ’n baie ernstige oortreding.

10. “As ’n man egbreuk pleeg met ’n ander man se vrou, moet beide die man en vrou doodgemaak word.

11. As ’n man gemeenskap het met sy pa se vrou, moet beide die man en vrou doodgemaak word, want hulle is skuldig aan ’n baie ernstige oortreding.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 20