Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2:9-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Die priesters sal ’n gedeelte van die graanoffer as verteenwoordigend van die res neem en dit op die altaar verbrand as ’n offer wat met vuur gemaak is en wat aangenaam is vir die Here.

10. Die res van die graanoffer sal aan Aäron en sy seuns as kos gegee word. Dit is ’n besonder heilige deel van die vuuroffers wat vir die Here gegee word.

11. “Moenie suurdeeg in enige van die graanoffers wat jy aan die Here bring, gebruik nie, want geen suurdeeg of heuning mag met ’n vuuroffer vir die Here verbrand word nie.

12. Jy mag wel suurdeeg en heuning voeg by die offers wat met oestyd gebring word, maar dit mag nooit op die altaar verbrand word as ’n offer wat vir die Here aanneemlik is nie.

13. Gooi sout op al jou graanoffers. Dit sal aan God se verbond herinner. Moet nooit vergeet om sout by jou graanoffers te gooi nie.

14. “Wanneer jy vir die Here ’n graanoffer uit die eerste deel van jou oes bring, moet jou offer bestaan uit vars graan wat oor vuur gerooster is.

15. Omdat dit ’n graanoffer is, moet jy olyfolie bygooi en wierook daaroor sprinkel.

16. Die priesters sal ’n deel van die geroosterde graankorrels met die olyfolie en wierook neem as verteenwoordiging van die res en dit as ’n vuuroffer vir die Here verbrand.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 2