Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:12-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Enige kleipot waaraan die man met ’n afskeiding geraak het, moet gebreek word en enige houtartikel waaraan hy geraak het, moet met water afgespoel word.

13. “As die man met ’n afskeiding gesond word, moet hy vir sewe dae lank wag. Dan moet hy sy klere was en in vars fonteinwater bad. Dan sal hy rein wees.

14. Op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe bring en voor die Here by die ingang van die tent van ontmoeting kom en sy offers vir die priester bring.

15. Die priester sal dan die offers bring, een as ’n sonde-offer en die ander as hele brandoffer. Op dié manier sal die priester in die teenwoordigheid van die Here versoening doen vir die man met ’n afskeiding.

16. “As ’n man saad stort, moet hy sy hele liggaam was en sal hy onrein bly tot die aand toe.

17. Enige kledingstuk of leer waarop die saad stort, moet gewas word en sal tot die aand toe onrein bly.

18. Na seksuele omgang moet beide die man en vrou bad en sal hulle onrein bly tot die aand toe.

19. “Wanneer ’n vrou menstrueer, is sy vir sewe dae lank onrein. As jy aan haar raak gedurende dié tyd, is jy onrein tot die aand toe.

20. Enigiets waarop sy gedurende dié tyd lê of sit, sal onrein wees.

21. As jy aan haar bed raak, moet jy jou klere was en bad in water en sal jy tot die aand toe onrein bly.

22. Dieselfde reëling geld wanneer jy aan iets raak waarop sy gesit het,

23. of dit nou haar bed is of enige ander meubelstuk.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15