Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

2. “Gee hierdie verdere instruksies aan die Israeliete: Enige man met afskeiding uit die geslagsorgaan is onrein as gevolg van die afskeiding.

3. Die onreinheid is van toepassing ongeag of die afskeiding aanhou of ophou. In elke geval is die man onrein.

4. Enige bed waarop so iemand lê of enigiets waarop hy sit, is onrein.

5. “As jy dus met die man se bed in aanraking kom, moet jy jou klere was en gaan bad en sal jy onrein wees tot die aand toe.

6. As jy op dieselfde plek gaan sit waar die man met die afskeiding gesit het, moet jy jou klere was en in water bad.

7. Dieselfde reëling geld as jy aan die man met die afskeiding sou raak. Jy is onrein tot die aand toe.

8. As hy op jou sou spoeg, moet jy dieselfde prosedure volg.

9. Enigiets waarop die man sou sit terwyl hy gery het, is onrein.

10. As jy aan enigiets wat onder hom was, raak of dit dra, moet jy jou klere was en in water bad en sal jy onrein wees tot die aand toe.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15