Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 11:43-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

43. Moenie jouself onrein maak deur aan sulke diere te raak nie.

44. Ek, die Here, is jou God. Julle moet heilig wees omdat Ek heilig is. Moenie jouself onrein maak deur aan enige van die kruipende diere te raak nie.

45. Ek, die Here, is die Een wat jou uit Egipte laat trek het om jou God te wees. Jy moet daarom heilig wees omdat Ek heilig is.

46. “Dit is die instruksies wat geld vir die diere op land, die voëls en al die lewende wesens wat in water lewe of wat op die grond kruip.

47. So kan julle onderskei tussen dit wat onrein is en wat nie geëet mag word nie; en dit wat rein is en geëet mag word.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 11