Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 11:36-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

36. “As so ’n dooie diertjie egter in ’n fontein of opgaardam val, is die water nog steeds rein. Maar enige persoon wat die dooie diertjie wegvat, is onrein.

37. As so ’n dooie diertjie op saad val wat geplant gaan word, is die saad nog steeds rein.

38. As die saad egter nat is wanneer ’n dooie diertjie daarop val, is die saad onrein.

39. “As ’n dier wat julle mag eet, vanself vrek en iemand raak aan sy karkas, is so iemand tot die aand toe onrein.

40. As jy van sy vleis eet of die karkas wegdra, moet jy jou klere was. Dan sal jy onrein bly tot die aand toe.

41. “Enige dier wat op die grond kruip, is vir julle verbode en mag nie geëet word nie.

42. Dit sluit alle diere in wat op hulle pens seil, en ook vierpotige diere en ook diere met baie pote. Al hierdie soort diere is verwerplik vir julle.

43. Moenie jouself onrein maak deur aan sulke diere te raak nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 11