Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 11:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

2. “Gee die volgende instruksies vir die Israeliete: Die diere wat julle vir kos mag gebruik,

3. sluit die diere in wat volledig gesplete hoewe het en herkou.

4. Van die volgende diere wat hier genoem word, mag julle nie eet nie omdat hulle óf gesplete hoewe het óf herkou, maar nie albei nie. Die kameel mag nie geëet word nie, want al herkou die dier, het hy nie gesplete hoewe nie.

5. Dit geld ook van die dassie

6. en die haas. Hulle mag nooit geëet word nie.

7. ’n Vark mag ook nie geëet word nie, want al het dit gesplete hoewe, herkou ’n vark nie.

8. Julle mag nie van die vleis van hierdie diere eet of aan hulle karkasse raak nie. Hulle is onrein vir julle.

9. “Wat die seediere betref, mag julle alles eet wat vinne en skubbe het, of dit nou in vars water of in sout water voorkom.

10. Seediere wat nie beide vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie. Julle moet hulle verafsku.

11. Hulle sal altyd vir julle verbode wees. Julle mag nooit hulle vleis eet of selfs aan hulle dooie liggame raak nie.

12. Ek herhaal, enige seedier wat nie beide vinne en skubbe het nie, is ten strengste verbode vir julle.

13. “Dit is die voëls wat julle nooit mag eet nie omdat hulle afskuwelik is vir julle: die arend, die aasvoël, die visvalk,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 11