Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Slawe het nou ons base geword en niemand kan ons van hulle bevry nie.

9. Ons loop die risiko om doodgemaak te word wanneer ons in die wildernis kos bymekaarmaak.

10. Ons vel het donker gewordvan die hongersnood,asof dit in ’n oond gebak het.

11. Ons vroue word in Jerusalem gemolesteer en ons dogters in die dorpe van Juda verkrag.

12. Ons leiers word opgehang aan hulle hande. Daar is geen respek vir ons oumense nie.

13. Jong mans moet koring maal by die meul.Jong seuntjies steier onder vragte hout wat hulle moet dra.

14. Die leiers kan nie meer by die stad se poort sit en beraadslaag nie. Die jongmense maak nie meer musiek nie.

15. Vreugde het verdwyn uit ons harte. Ons vrolike danse het in treursange verander.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5