Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:4-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Ons moet betaal vir die water wat ons drink. brandhout moet ons koop.

5. Agtervolgers blaas in ons nek. Ons is moegmaar ons durf nie rus nie.

6. By Egipte het ons gevra vir hulp en by Assirië vir kos.

7. Ons voorouers het sonde gedoen,maar hulle is nou al dood. En nou moet ons daarvoor betaal.

8. Slawe het nou ons base geword en niemand kan ons van hulle bevry nie.

9. Ons loop die risiko om doodgemaak te word wanneer ons in die wildernis kos bymekaarmaak.

10. Ons vel het donker gewordvan die hongersnood,asof dit in ’n oond gebak het.

11. Ons vroue word in Jerusalem gemolesteer en ons dogters in die dorpe van Juda verkrag.

12. Ons leiers word opgehang aan hulle hande. Daar is geen respek vir ons oumense nie.

13. Jong mans moet koring maal by die meul.Jong seuntjies steier onder vragte hout wat hulle moet dra.

14. Die leiers kan nie meer by die stad se poort sit en beraadslaag nie. Die jongmense maak nie meer musiek nie.

15. Vreugde het verdwyn uit ons harte. Ons vrolike danse het in treursange verander.

16. Die kroon het van ons koppe geval. Dit gaan sleg met ons, want ons het sonde gedoen.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5