Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:18-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Die tempelheuwel is verlate. Jakkalse sluip daar rond.

19. U bly dieselfde, Here, vir ewig en altyd.U regeervan geslag tot geslag.

20. Hoekom hou U aan om van ons te vergeet? Hoekom hou U so lank aan om ons te vermy?

21. Lei ons terug na U toe, Here, sodat ons by U kan uitkom. Maak ons lewe weer soos dit vroeër was.

22. Of het U ons dan heeltemal verwerp? Gaan U dan vir altyd vir ons kwaad bly?

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5