Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Here, hou ’n bietjie in gedagte wat met ons gebeur het. Kyk hoe ons verneder is.

2. Die grond wat ons geërf het, het in vreemde hande beland. Uitlanders besit ons eiendom.

3. Ons is weeskinders wat nie meer ’n pa het nie. Ons ma’s is weduwees.

4. Ons moet betaal vir die water wat ons drink. brandhout moet ons koop.

5. Agtervolgers blaas in ons nek. Ons is moegmaar ons durf nie rus nie.

6. By Egipte het ons gevra vir hulp en by Assirië vir kos.

7. Ons voorouers het sonde gedoen,maar hulle is nou al dood. En nou moet ons daarvoor betaal.

8. Slawe het nou ons base geword en niemand kan ons van hulle bevry nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5