Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:6-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. In ’n donker plek het Hy my gaan wegsit soos iemand wat lankal dood is.

7. Hy het my ingehok en met swaar kettings geboei sodat ek nie kon uitkom nie.

8. Wanneer ek bid en smeek vir hulp, ignoreer Hy my gebed.

9. Hy pak my pad toe met klippe, Hy laat my ompaaie loop.

10. Hy is soos ’n beerwat my voorlê,soos ’n leeu wat vir my lê en wag.

11. Hy het my uit die pad gesleep, my uitmekaargeskeur en my net so daar laat lê.

12. Hy het ’n pyl in sy boog gespan en sekuur na my gekorrel.

13. Hy het sy houer met pyle op my leeggeskiet.

14. My eie mense lag vir my. Hulle sing heeldag spotliedjies oor my.

15. Hy het my vol gemaak met bitter dinge. Hy laat my bitterheid drink.

16. Hy laat my klippe kou. Hy trap my weg in die grond.

17. Ek het al vergeet hoe dit is om gelukkig en voorspoedig te wees.

18. Ek roep uit: “Ek beteken niks. Ek verwag niks meer van die Here nie.”

19. Wanneer ek aan my pyn en my hartseer dink, word ek bitter.

20. Ek sal nooit ooit vergeet van hierdie slegte tyd nie.

21. Tog is daar een ding waarop ek kan reken en waarop ek altyd sal hoop:

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3