Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:57-66 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

57. Toe ek na U geroep het, het U nadergekom en gesê:“Moenie bang wees nie!”

58. U het my saak verdedig en my lewe gered.

59. U het gesien ek is veronreg. Gee tog uitspraak in my guns!

60. U het gesien watter planne hulle teen my smee.

61. U het gehoor hoe hulle my beledig. U weet van al die plannewat hulle teen my gesmee het.

62. Hulle sit heeldag en sleg praat oor my.

63. Oral waar hulle kom, sing hulle spotliedjies oor my.

64. Betaal hulle terug in eie munt, o Here, vir alles wat aan my gedoen is.

65. Maak hulle hardkoppig en straf hulle dan daarvoor.

66. Vervolg hulle in u woede.Roei hulle uit van die aarde af.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3