Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:53-58 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

53. Hulle wou my in ’n waterput verdrink. Hulle het klippe van bo af op my gegooi.

54. Waters het oor my kop gegaanen ek het gedink: “Dit is verby met my.”

55. Van onder in die put, o Here,het ek na U begin roep.

56. U het my hoor roep:“Moet asseblief nieu ore toedruk wanneer ek roepdat U my moet kom help nie.”

57. Toe ek na U geroep het, het U nadergekom en gesê:“Moenie bang wees nie!”

58. U het my saak verdedig en my lewe gered.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3