Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:42-51 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

42. “Ons was opstandig teen U en het nie na U geluister nie. U het ons nie vergewe nie.

43. “U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons genadeloos uit te roei.

44. U het agter wolke gaan staansodat ons gebede U nie kon bereik nie.

45. Tussen die nasieshet U ons gemors en vullis gemaak.

46. Al ons vyande rek hulle monde oor ons.

47. Ons is bang. Ons sit vasgehok.Ons is verwoes en eenkant toe gegooi.”

48. Ek huil omdat my volk vernietig is.

49. Ek huil onophoudelik. Dit sal nie ophou

50. voordat die Heremy van bo af raaksien nie.

51. Ek is ontsteld oor die vroue van Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3