Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:38-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

38. Is dit nie die Allerhoogste wat een mens helpen ’n ander vernietig nie?

39. Waaroor sal ons kla wanneer ons gestraf wordomdat ons oortree het?

40. Laat ons eerder gaan kyk na wat ons gedoen het en daaroor nadinksodat ons kan omdraai na die Here toe.

41. Laat ons ons harte en hande uitsteek na God daarbo en sê:

42. “Ons was opstandig teen U en het nie na U geluister nie. U het ons nie vergewe nie.

43. “U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons genadeloos uit te roei.

44. U het agter wolke gaan staansodat ons gebede U nie kon bereik nie.

45. Tussen die nasieshet U ons gemors en vullis gemaak.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3