Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:36-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

36. Hulle behandel mense in die hofonbillik. Hulle dink Hy sien dit nie raak nie.

37. Kan daar iets gebeuras die Heredit nie toelaat nie?

38. Is dit nie die Allerhoogste wat een mens helpen ’n ander vernietig nie?

39. Waaroor sal ons kla wanneer ons gestraf wordomdat ons oortree het?

40. Laat ons eerder gaan kyk na wat ons gedoen het en daaroor nadinksodat ons kan omdraai na die Here toe.

41. Laat ons ons harte en hande uitsteek na God daarbo en sê:

42. “Ons was opstandig teen U en het nie na U geluister nie. U het ons nie vergewe nie.

43. “U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons genadeloos uit te roei.

44. U het agter wolke gaan staansodat ons gebede U nie kon bereik nie.

45. Tussen die nasieshet U ons gemors en vullis gemaak.

46. Al ons vyande rek hulle monde oor ons.

47. Ons is bang. Ons sit vasgehok.Ons is verwoes en eenkant toe gegooi.”

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3