Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:26-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red.

27. Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag.

28. Mense moet geduldig sit en wag totdat die Hereaandag aan hulle gee.

29. Daar is hoop vir jou as jy stilbly.

30. Draai jou ander wang wanneer jou vyande jou beledig.

31. Want die Here laat ’n mens nie vir altyd eenkant nie.

32. Hy bring wel hartseer, maar Hy het ook medelyeomdat sy troue liefde so groot is.

33. Hy geniet dit nie wanneer mense seerkryof hartseer is nie.

34. Die leiers van sy volk het gevangenes mishandel.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3