Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:8-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Hulle het ook die klein dorpies rondom hierdie dorpe gekry, tot so ver suid as Baälat-Beër (Rama in die Negevwoestyn). Dit is die grond van die families van die stam Simeon.

9. Hulle het ’n deel van Juda se gebied gekry. Juda se grond was te groot vir hulle. So het die stam Simeon grond binne-in Juda se gebied ontvang.

10. Die derde loting het die grond van die families van die stam Sebulon bepaal. Hulle grond het tot by Sarid gestrek.

11. Van Sarid loop dit wes by Marala verby, teen Dabbeset af en teen die spruit regoor Jokneam verby.

12. Terug by Sarid loop die grens oos tot by die grens met Kislot-Tabor, van daar na Daberat en dan op na Jafia toe.

13. Van daar gaan dit oos na Gat-Gefer en na Et-Kasin toe en aan tot by Rimmon, waar dit na Nea toe draai.

14. Van daar swaai die grens noord verby Gannaton en eindig in die vallei van Ge-Jiftag-El.

15. Die dorpe wat hulle gekry het, was Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem. Daar was altesaam twaalf dorpe met hulle kleiner dorpies rondom.

16. Hierdie dorpe met hulle omringende blyplekke was die gebied van die families van die stam Sebulon.

17. Die vierde loting was vir grond vir die families van die stam Issaskar.

18. Hulle dorpe was Jisreël, Kesulot, Sunem,

19. Gafarajim, Sion, Anagarat,

Lees volledige hoofstuk Josua 19