Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:22-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Hulle grens is teen Tabor, na Sagasajim en by Bet-Semes verby en loop dood teen die Jordaan. Daar is sestien dorpe met hulle kleiner dorpies rondom.

23. Hierdie dorpe met hulle klein dorpies is die gebied van die families van die stam Issaskar.

24. Die vyfde keer toe die lot gewerp is, was dit vir die families van die stam Aser.

25. Hulle gebied het bestaan uit Gelkat, Gali, Beten, Aksaf,

26. Alammelek, Amad en Misal. Aan die westekant loop die grens teen Karmel en Sigor-Libnat verby.

27. Dit swaai dan oos na Bet-Dagon toe, gaan teen Sebulon en Ge-Jiftag-El verby noord na Bet-Emek en Neïel toe en loop dan aan na Kabul in die noorde.

28. Van daar gaan dit na Abdon, Regob, Gammon en Kana tot by Groot-Sidon.

29. Dan draai die grens af na Rama toe en tot by die versterkte stad Tirus, dan verder na Gosa toe en die Middellandse See in die omgewing van Megebel, Aksib,

30. Uma, Afek en Regob. Daar is 22 dorpe met hulle dorpies rondom.

31. Hierdie dorpe met hulle omringende dorpies was die grond van die families van die stam Aser.

32. Die sesde keer se loting was vir die grond van die families van die stam Naftali.

Lees volledige hoofstuk Josua 19