Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:11-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Van Sarid loop dit wes by Marala verby, teen Dabbeset af en teen die spruit regoor Jokneam verby.

12. Terug by Sarid loop die grens oos tot by die grens met Kislot-Tabor, van daar na Daberat en dan op na Jafia toe.

13. Van daar gaan dit oos na Gat-Gefer en na Et-Kasin toe en aan tot by Rimmon, waar dit na Nea toe draai.

14. Van daar swaai die grens noord verby Gannaton en eindig in die vallei van Ge-Jiftag-El.

15. Die dorpe wat hulle gekry het, was Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem. Daar was altesaam twaalf dorpe met hulle kleiner dorpies rondom.

16. Hierdie dorpe met hulle omringende blyplekke was die gebied van die families van die stam Sebulon.

Lees volledige hoofstuk Josua 19