Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:8-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Dit gaan dan verder met die Ben-Hinnomsdal op teen die suidelike hang van Jebusieteberg, waar Jerusalem vandag is. Dit gaan dan na die kruin van die berg bo die Hinnomsdal en dan na die noordelike punt van Spooklaagte.

9. Van bo van die berg af draai die grens na die Neftoagsfontein toe, en loop dan aan na die dorpe teen Efronberg en draai daarna na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim.

10. Dit loop om Baäla en swaai dan wes na Seïrberg toe, verby die noordelike hang van Jearimsberg, dit is Kesalon, loop dan af na Bet-Semes en na Timna toe.

11. Dit gaan dan met die noordelike skuinste van Ekron langs en draai na Sikaron toe oor die Baälaberg verby Jabne, tot waar dit in die Middellandse See doodloop.

12. Die westelike grens is die kuslyn van die Middellandse See. Dit is die grense rondom die gebied van die nasate van Juda.

13. Soos die Here Josua beveel het, het hy aan Kaleb, die seun van Jefunne, ’n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda. Hy het Kirjat-Arba, dit is Hebron, gekry, wat na een van die voorouers van die Enakiete vernoem is.

14. Kaleb het die drie Enakiet- groepe van Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf, almal nasate van Enak.

15. Van daar af het Kaleb die inwoners van Debir gaan aanval. Debir se naam was voorheen Kirjat-Sefer.

16. Kaleb het gesê: “Ek gee my dogter Aksa as vrou vir die man wat Kirjat-Sefer aanval en verslaan.”

17. Otniël, die seun van Kaleb se broer Kenas, het die stad ingeneem. Kaleb het sy dogter Aksa aan hom as vrou gegee.

18. Sy het Otniël aangepor om by haar pa grond te gaan vra. Toe sy van haar donkie afklim, het Kaleb vir haar gevra: “Wat is dit?”

19. Sy het geantwoord: “Seën my tog. U het vir my grond in die droë Negevwoestyn gegee. Gee asseblief vir my ook ’n plek met water.” Hy het toe vir haar plekke met fonteine in sowel die hoërliggende as die laer dele gegee.

20. Die dorpe wat die families van die stam Juda gekry het, was:

21. Die dorpe teen die grens van Edom, heel suid, was Kabseël, Eder, Jagur,

22. Kina, Dimona, Adada,

Lees volledige hoofstuk Josua 15