Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:23-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Die grond van die stam Ruben het aan die Jordaan gegrens. Hierdie dorpe en hulle buiteposte is vir die afstammelinge van Ruben gegee as hulle erfgrond.

24. Vir die afstammelinge van die stam Gad het Moses die volgende gebiede toegeken:

25. Die gebied van Jaser, al die dorpe in Gilead, die helfte van die Ammoniete se gebied tot by Aroër net wes van Rabba,

26. van Gesbon af tot by Ramat-Mispe en Betonim, en van Maganajim af tot by Lo-Dabar,

27. Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safon in die vallei, die oorblywende deel van die koninkryk van koning Sihon van Gesbon, die Jordaanstreek tot so ver noord as die See van Galilea, oos van die Jordaan.

28. Saam met die stede en hulle dorpies was dit dan die erfgrond van die families van die stam Gad.

29. Aan die nageslag van die halwe Manassestam het Moses die volgende gebiede gegee:

30. Van Maganajim af die hele Basan, die hele koninkryk van koning Og van Basan, al 60 die tentdorpe van Jaïr in Basan,

31. die helfte van Gilead, en Astarot en Edreï, die koningstede van Og in Basan. Dit is die dele wat die nakomelinge van Makir, die een seun van Manasse, ontvang het.

32. Dit is dan die gebiede wat Moses toegeken het toe hulle in die Moabsvlakte aan die oorkant van die Jordaan, oos van Jerigo, was.

33. Aan die stam Levi het Moses nie enige grond toegeken nie. Die Here, die God van Israel, was hulle erfdeel, soos Hy vir hulle beloof het.

Lees volledige hoofstuk Josua 13