Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:13-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Die Israeliete het egter nie die mense van Gesur en Maäka uitgedryf nie. Hulle bly nou nog saam met die Israeliete.

14. Aan die stam van Levi het Moses nie hulle eie grond gegee nie. Hulle erfenis is die offers wat vir die Here, die God van Israel, gebring word. Dit is soos Hy hulle beloof het.

15. Moses het vir die stam van Ruben die volgende gebiede gegee:

16. Van Aroër af op die oewer van die Arnonrivier, van die stad teen die rivier, die hele vlakte tot by Madeba,

17. en tot by Gesbon met al sy ander stede op die plato: Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,

18. Jahas, Kedemot, Mefaät,

19. Kirjatajim, Sibma, Seret-Sagar op die berg bo die plato,

20. Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot,

21. al die stede op die plato, die hele koninkryk van die Amoritiese koning Sihon wat in Gesbon regeer het. Moses het vir Sihon verslaan en ook sy bondgenote, die Midianitiese leiers Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, wat saam met hom in die land gewoon het.

22. Die Israeliete het ook die waarsêer Bileam, die seun van Beor, doodgemaak.

23. Die grond van die stam Ruben het aan die Jordaan gegrens. Hierdie dorpe en hulle buiteposte is vir die afstammelinge van Ruben gegee as hulle erfgrond.

Lees volledige hoofstuk Josua 13