Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 1:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Ek is besig om van die Here af weg te vlug.”Toe het groot vrees die matrose beetgepak. Hulle het uitgeroep: “Hoekom doen jy dit?”

11. Die storm het al hoe hewiger geword; daarom het hulle hom gevra: “Wat moet ons met jou doen sodat die see kan bedaar?”

12. Jona het hulle geantwoord: “Gooi my in die see en dit sal kalm word. Ek weet ék is die oorsaak van hierdie groot storm.”

13. Die matrose het egter nog harder geroei en die land probeer bereik. Hulle was nie suksesvol nie, want die see het net al hoe onstuimiger geword.

14. Hulle het die Here aangeroep en gesê: “Ag, Here, moet tog nie dat ons weens hierdie man vergaan nie. Moet ons nie verantwoordelik hou vir sy dood nie. Here, U het gedoen soos U wou.”

15. Toe het die matrose Jona opgetel en in die see gegooi. Die onstuimige see het dadelik kalm geword.

16. Groot vrees vir die Here het die matrose aangegryp. Hulle het ’n offer vir die Here gebring en ’n belofte gemaak om Hom te dien.

17. Toe stuur die Here ’n groot vis om Jona in te sluk. Jona was vir drie dae en drie nagte in die vis.

Lees volledige hoofstuk Jona 1