Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 1:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het die volgende boodskap vir Jona, die seun van Amittai, gegee:

2. “Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien.”

3. Maar Jona het in die teenoorgestelde rigting gegaan om van die Here af weg te kom. Hy het afgegaan na die kus toe, na die hawe Joppe. Daar het hy ’n skip gekry wat Tarsis toe sou vaar. Hy het ’n kaartjie gekoop en aan boord gegaan. Jona het gehoop dat as hy in ’n westelike rigting gaan, hy van die Here af sou wegkom.

Lees volledige hoofstuk Jona 1