Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. “Julle het my goud en my silwer gesteel. Julle het my kosbare skatte na julle heidense tempels toe weggedra.

6. Julle het die mense van Juda en Jerusalem aan die Grieke verkoop wat hulle ver van hulle eie land af weggeneem het.

7. “Maar Ek sal hulle terugbring uit al hierdie plekke waarheen julle hulle verkoop het. Dan sal Ek julle terugbetaal vir alles wat julle gedoen het.

8. Ek sal julle seuns en julle dogters aan die mense van Juda verkoop, wat hulle weer aan die mense van die veraf land Arabië sal verkoop. Ek, die Here, sê dit!”

9. Sê aan die nasies: “Sonder julle af vir oorlog! Roep julle dapperste soldate op! Laat die krygsmanne uittrek vir die aanval!

10. Maak swaarde van julle ploegimplemente en spiese van julle snoeiskêre. Selfs die swakkeling moet sê: ‘Ek is ’n dapper soldaat!’

11. Al julle nasies van die omringende omgewings, kom gou! Kom bymekaar in die Josafatlaagte.”Here, bring u soldate af daarheen!

12. “Die nasies moet wapens opneem en na die Josafatlaagte toe optrek. Daar sal Ek oor al die nasies van die omgewing oordeel.

13. Steek die sekel in, want die oes is ryp. Kom trap, want die wynpers is vol. Die wynvate loop oor van al die onreg van hierdie mense.”

Lees volledige hoofstuk Joël 3