Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 1:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Hulle het my wingerde en vyebome vernietig. Hulle het die bas afgetrek en die wit, kaalgestroopte takke weggegooi.

8. Treur soos ’n jong meisie wat huil oor die dood van haar bruidegom.

9. Daar is nie graan of wyn om by die tempel van die Here te offer nie. Die priesters wat diens doen vir die Here treur daaroor.

10. Die weiding is verwoes, die aarde in ’n jammerlike toestand. Die koring, die wyn en die olywe is alles tot niet.

11. Gee moed op, julle saaiboere! Kla, wynboere! Die koring en die gars – om die waarheid te sê, die hele oes – is vernietig.

12. Die wingerde en die vyebome het verdroog en verdor. Die granaatbome, palmbome en die appelbome, al die vrugtebome het verdroog. Alle blydskap het daarmee saam verdwyn.

13. Trek rouklere aan en treur, priesters! Huil, julle wat diens doen by die altaar! Julle wat in diens van my God is, kom met julle rouklere aan en bring die nag hier deur! Daar is nie graan of wyn om te offer by die tempel van julle God nie.

Lees volledige hoofstuk Joël 1