Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 1:13-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Trek rouklere aan en treur, priesters! Huil, julle wat diens doen by die altaar! Julle wat in diens van my God is, kom met julle rouklere aan en bring die nag hier deur! Daar is nie graan of wyn om te offer by die tempel van julle God nie.

14. Kondig ’n vasdag aan. Roep die gemeente saam. Bring die leiers en al die inwoners van die land by die tempel van die Here julle God bymekaar. Roep tot die Here!

15. Die Dag van die Here is naby. Op dié dag sal die Almagtige verwoesting bring. O, wat ’n verskriklike dag!

16. Ons het toegekyk terwyl ons kos voor ons oë verdwyn. Blydskap en vreugde het uit die huis van ons God verdwyn.

17. Niks kom van die saad onder die kluite nie. Die skure en die meule staan leeg en verlate, want die koringoes het misluk.

18. Hoe bulk die beeste nie van die honger nie! Die vee maal verward rond, want daar is geen weiding meer vir hulle nie. Selfs die troppe skape ly onder die straf.

19. Here, ons God, help ons! Vuur het al ons weiding verbrand en die bome in die veld verskroei.

20. Selfs die wilde diere roep na U omdat hulle nie water het om te drink nie. Die stroompies het opgedroog en vuur het die weiding in die woestyn verteer.

Lees volledige hoofstuk Joël 1