Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 1:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Joël was die seun van Petuel. Hy het die volgende boodskap van die Here ontvang.

2. Luister, leiers van die volk! Ook al julle inwoners van die land, luister hierna! Het so iets al vantevore in julle geskiedenis gebeur?

3. Vertel dit vir julle kinders en julle kleinkinders en hulle weer vir geslagte wat nog kom.

4. Snysprinkane het die oes kom opvreet. Wat oorgebly het, het die swerm sprinkane verder verorber. Ná hulle het die jong sprinkane gekom, en wat hulle nog oor gelos het, het nog ’n swerm kom opvreet!

5. Word wakker, al julle dronklappe! Huil! Al julle druiwe is tot niet, julle nuwe wyn is vir julle verlore!

6. ’n Verskriklike groot en magtige nasie het my land ingeval. Die nasie se tande is so skerp soos dié van leeus!

Lees volledige hoofstuk Joël 1