Ou Testament

Nuwe Testament

Job 9:14-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. “Wie is ek dan om God te antwoordof met Hom te redeneer?

15. Selfs al was ek onskuldig, ek het geen verweer nie.Ek kan maar net by my Regter om genade pleit.

16. Selfs al sou ek Hom dagvaar en Hy daag op, glo ek nie Hy sal na my luister nie.

17. Want Hy val my aan sonder rede,*en sonder oorsaak verwond Hy my.

18. Hy gee my geen kans om asem te skep nie en versadig my met bitter lyding.

19. Hy is die sterk Een.As dit oor krag gaan,as dit oor regspraak gaan,wie kan Hom ooit uitdaag?

20. Selfs al is ek onskuldig, my eie mond sal my veroordeel.Selfs al is ek reg, dit sal net wys hoe verkeerd ek is.

21. “Al is ek onskuldig, dit maak geen verskil nie.Ek verag my lewe.

22. Of ek skuldig of onskuldig is, dit is alles dieselfde.Ek sê jou mos: Hy vernietig die onskuldigeén dié wat kwaad doen.

23. Hy lag wanneer ’n plaag die onskuldige skielik doodmaak.

24. Die hele aarde is in die hande van die kwaaddoeneren God verblind die oë van die regters sodat hulle onreg pleeg. As dit nie Hy is nie, wie anders?

25. “My lewe gaan vinniger verby as ’n naelloper. Dit vlieg verby, sonder dat ek geluk ervaar.

26. Dit verdwyn soos ’n vinnige rietbootjie, soos ’n arend wat afswiep op sy prooi.

27. As ek sou dink: ek gaan ophou kla, my treurigheid laat vaar, en vrolik wees,

28. dan vrees ek steeds al my pyn, want ek weet U beskou my as skuldig, o God.

29. Wat ook al gebeur, ek is reeds skuldig bevind.Hoekom dan nog probeer?

30. Al was ek myself met seep en my hande met wassoda,

31. gooi U my weer in ’n modderpoel.Ek is so vuil dat my eie klere my haat.

32. “God is nie ’n mens soos ek nie. Ek kan nie met Hom redeneer of Hom voor ’n hof bring nie.

33. As daar net iemand was om tussen ons te bemiddelen ons bymekaar te bring!

Lees volledige hoofstuk Job 9