Ou Testament

Nuwe Testament

Job 9:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Job het weer gepraat:

2. “Ja, ek weet,dis alles in beginsel waar.Hoe kan ’n mens onskuldig wees in die oë van God?

3. As iemand met Godna die gereg wil gaan,sou hy Hom een keer uit duisend kon antwoord?

4. God is so wys en so magtig.Wie sal ooit Hom kan teenstaanen ’n saak teen Hom wen?

5. Sonder waarskuwing verskuif Hy berge,keer Hy hulle om in sy woede.

6. Hy skud die aarde uit sy plek, en sy fondamente bewe.

7. Op sy bevel sal die son nie opkom en die sterre nie skyn nie.

8. Hy alleen sprei die hemele uit,Hy wandel op die golwe van die see.

9. Hy maak al die sterre:die Beer, Orion, Sewester en al die sterrebeeldein die suidelike hemelruim.

10. Sy groot werke is te wonderlik om te verstaan.Hy bewerk ontelbare wonders.

11. Wanneer Hy by my kom, sien ek Hom nie.Ek sien Hom nie wanneer Hy verbygaan nie.

12. As Hy deur die dood iemand wegvat, wie kan Hom keer?Wie sal dit waag om te sê:‘Wat doen U nou?’

13. God hou sy toorn nie terug nie,Hy vernietig die helpers van die groot seemonster.

14. “Wie is ek dan om God te antwoordof met Hom te redeneer?

15. Selfs al was ek onskuldig, ek het geen verweer nie.Ek kan maar net by my Regter om genade pleit.

Lees volledige hoofstuk Job 9