Ou Testament

Nuwe Testament

Job 8:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Bildad die Suagiet het Job geantwoord:

2. “Hoe lank gaan jy nog so aanhou praat? Jou woorde is soos ’n wind wat alles wegvee.

3. Verdraai God die reg? Verdraai die Almagtige wat reg is?

4. Jou kinders het klaarblyklik teen Hom gesondig.Daarom het hulle hulle straf verdien.

5. Maar as jy na God roep en die Almagtige vra om genade aan jou te bewys;

6. as jy opreg en sonder sonde lewe,sal Hy opstaan en jou weer gelukkig maakin jou huis.

7. En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.

8. “Vra vir die vorige geslag.Luister na die ervaring van jou voorvaders.

9. Ons is maar gister eers gebore.Ons weet so min!Ons dae op aarde gaan verby soos ’n skaduwee.

10. Dié wat voor ons geleef het, sal ons leer,uit die wysheidvan vorige geslagtesal hulle ons onderrig.

11. Groei riete buite ’n moeras?Floreer vleigras waar daar nie water is nie?

12. As dit nog te jonk isom gesny te word,verdroog dit vinniger as gras.

13. So gaan dit met iemand wat vergeet van God. Die verwagting van die goddelose kom tot niks.

Lees volledige hoofstuk Job 8