Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6:20-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Maar hulle kry niksal het hulle daarop vertrou. Hulle hoop is beskaamtoe hulle daar gekom het.

21. Net so kon julle my ook nie help nie.Julle het my ellende gesien, en bang geword.

22. Hoekom? Het ek ooit van julle ’n geskenk verwag? Het ek ooit by julle gesmeekdat julle iemand met julle geld vir my moes omkoop?

23. Het ek van julle verwagom my van die vyand te red?Het ek gevra dat julle my verlosvan my verdrukkers?

24. “Leer my en dan sal ek stilbly.Sê my net:Wat het ek verkeerd gedoen?

25. Eerlike kritiek kan wel seermaak,maar julle argumente bewys niks!

26. Dink julle dat julle woorde oorreed as julle nie eens my wanhoop kan hoor nie?

Lees volledige hoofstuk Job 6