Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6:18-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Reisigers draai af na die spruit vir lafenis,en hulle sterf in die woestynwaarheen hulle afgedraai het.

19. Met groot verwagting kom reisigers van Tema en Skeba op soek na water.

20. Maar hulle kry niksal het hulle daarop vertrou. Hulle hoop is beskaamtoe hulle daar gekom het.

21. Net so kon julle my ook nie help nie.Julle het my ellende gesien, en bang geword.

22. Hoekom? Het ek ooit van julle ’n geskenk verwag? Het ek ooit by julle gesmeekdat julle iemand met julle geld vir my moes omkoop?

23. Het ek van julle verwagom my van die vyand te red?Het ek gevra dat julle my verlosvan my verdrukkers?

24. “Leer my en dan sal ek stilbly.Sê my net:Wat het ek verkeerd gedoen?

25. Eerlike kritiek kan wel seermaak,maar julle argumente bewys niks!

26. Dink julle dat julle woorde oorreed as julle nie eens my wanhoop kan hoor nie?

27. Julle dobbel oor die toekoms van ’n weeskind.Julle sal selfs julle vriend vir geld verkoop.

28. “Kyk na my! Sal ek in julle gesigte vir julle lieg?

29. Besin julle,moenie onreg pleeg nie.Besin julle,my onskuld is op die spel.

30. Dink julle ek lieg? Ken ek nie die verskil tussen reg en verkeerd nie?”

Lees volledige hoofstuk Job 6