Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Job het weer gepraat:

2. “As my hartseer geweeg konword en my moeilikheid op ’n skaalgesit word,

3. sou dit swaarder weeg as al die sand van die see. Daarom het ek blindweg gepraat.

4. Want die Almagtige het my met sy pyle getref.Sy gifpyle het ingedringtot diep in my gees.Al die verskrikkinge van God is teen my gerig.

5. Wildedonkies balk as hulle geen groen gras kry nie, en beeste bulk as daar nie voer is nie.

6. Eet ’n mens smaaklose kos sonder sout,of iets so smaakloossoos die wit van ’n eier?

7. My eetlus verdwyn as ek dit sien.Ek word naar as ek dit moet eet.

8. Ag, as my versoek maar toegestaan worddat God sal gee waarvoor ek hoop!

9. As Hy my maar wil uitwis,sy hand uitsteek en my vernietig,

Lees volledige hoofstuk Job 6