Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Elifas die Temaniet het Job geantwoord:

2. “Sal jy geduldig kan wees sodat ek iets vir jou kan sê? Geen mens kan stilbly nie.

3. Jy het self baie mense wat moed verloor het, moed ingepraat.Jy het swakkes ondersteun.

4. Jou woorde het almal wat geval het, versterk. Jy het mense wat twyfel,regop gehou.

5. En nou dat die moeilikheid oor jou gekom het, is jy verslae, noudat dit jou getref het, is jy gebroke.

6. Gee dit dan nie vir jou hoopdat jy God aanbid het nie?Moet jy nie juis nou glo dat God sorg vir mense wat Hom dien nie?

7. “Dink daaraan: Het onskuldige mense ooit vergaan?Wanneer is die mens wat God getrou dien, al ooit vernietig?

8. My ondervinding is dat mense wat moeilikheid planten die bose saai,dit ook sal oes.

9. Deur die asem van God het Hy hulle vernietig.Deur sy woede vergaan hulle.

Lees volledige hoofstuk Job 4