Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:8-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. “Wie laat die wildedonkie vry rondloop?Wie maak sy harnas los?

9. Ek het hom laat leef in die wildernis.Die soutvlaktes is sy blyplek.

10. Hy lag vir die gewoel in die stad.Hy steur hom nie aan die geroep van ’n drywer nie.

11. Hy wei in die berge op soek na groen gras.

12. “Sal die buffel bereid wees om in jou diens te staan? Sal hy in die nag op stal bly staan?

13. Kan jy hom inspan en ’n harnas aansit?Sal hy bereid wees om vir jou ’n veld te ploeg?

14. Hy is baie sterk,maar kan jy op hom vertrouom jou werk vir jou te doenas jy weggaan?

Lees volledige hoofstuk Job 39