Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:24-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Hy kap die grond met sy pote.Hy is bly oor sy krag.As hy in die geveg storm,

25. is hy vir niks bang nie.Hy hardloop nie weg van wapens nie.

26. Die pyle raas rondom hom.Spiese en swaarde flits in die son.

27. Opgewonde kap sy pote die grond.Hy storm vorentoe in die gevegwanneer die trompet blaas.

28. Hy snork as die trompet blaas,van ver af ruik hy die geveg.Hy hoor hoe die offisiere en soldate roep.

29. “Is dit op jou bevel dat die valk hoog vliegen sy vlerke sprei na die suide?

30. Gee jy bevel dat die arendhoog moet vlieg om sy nes te gaan bou?

31. Hy woon op ’n rotslysen maak sy blyplek op ’n hoë krans.

32. Van daar af soek hy sy kos.Sy oë sien dit van ver af.

33. Sy kuikens vreet bloederige vleisvan enige karkas.”

34. Die Here het vir Job gesê:

35. “Wil jy steeds redeneermet die Almagtige?Laat die een wat God aankla, nou praat!”

36. Job het toe die Heregeantwoord:

37. “Ek het dwase dinge gesê.Hoe kan ek U antwoord?Ek sit my hand op my mond.

38. Ek het een keer gepraaten te veel gesê.Ek het niks meer om te sê nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 39