Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:19-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Sy tree hardvogtig op teenoor haar kuikens asof hulle nie haar eie is nie.Dit maak nie vir haar saak of hulle sterf nie.

20. God het haar nie wysheidof gesonde verstand gegee nie.

21. Maar as sy haar vlerke optel om te hardloop, hardloop sy weg vir die vinnigste perd met sy ruiter.

22. “Het jy die perd sy krag gegee,of sy nek bedek met maanhare?

23. Gee jy hom die vermoë om te spring soos ’n sprinkaan?Hy maak almal bang met sy trotse gesnork.

24. Hy kap die grond met sy pote.Hy is bly oor sy krag.As hy in die geveg storm,

25. is hy vir niks bang nie.Hy hardloop nie weg van wapens nie.

26. Die pyle raas rondom hom.Spiese en swaarde flits in die son.

27. Opgewonde kap sy pote die grond.Hy storm vorentoe in die gevegwanneer die trompet blaas.

28. Hy snork as die trompet blaas,van ver af ruik hy die geveg.Hy hoor hoe die offisiere en soldate roep.

29. “Is dit op jou bevel dat die valk hoog vliegen sy vlerke sprei na die suide?

30. Gee jy bevel dat die arendhoog moet vlieg om sy nes te gaan bou?

31. Hy woon op ’n rotslysen maak sy blyplek op ’n hoë krans.

32. Van daar af soek hy sy kos.Sy oë sien dit van ver af.

33. Sy kuikens vreet bloederige vleisvan enige karkas.”

34. Die Here het vir Job gesê:

Lees volledige hoofstuk Job 39