Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:10-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Hy lag vir die gewoel in die stad.Hy steur hom nie aan die geroep van ’n drywer nie.

11. Hy wei in die berge op soek na groen gras.

12. “Sal die buffel bereid wees om in jou diens te staan? Sal hy in die nag op stal bly staan?

13. Kan jy hom inspan en ’n harnas aansit?Sal hy bereid wees om vir jou ’n veld te ploeg?

14. Hy is baie sterk,maar kan jy op hom vertrouom jou werk vir jou te doenas jy weggaan?

15. Kan jy op hom vertrou om jou graan huis toe te bring?Sal hy dit op jou dorsvloer neersit?

16. “Die volstruis klap haar vlerkemet trots.Maar haar vere kan nie vergelyk wordmet dié van ’n ooievaar nie.

17. Sy lê haar eiers op die grond.Hulle broei warm in die grond.

18. Sy is nie bekommerd dat iemand daarop kan trap of dat wilde dieredit kan vernietig nie.

19. Sy tree hardvogtig op teenoor haar kuikens asof hulle nie haar eie is nie.Dit maak nie vir haar saak of hulle sterf nie.

20. God het haar nie wysheidof gesonde verstand gegee nie.

21. Maar as sy haar vlerke optel om te hardloop, hardloop sy weg vir die vinnigste perd met sy ruiter.

22. “Het jy die perd sy krag gegee,of sy nek bedek met maanhare?

23. Gee jy hom die vermoë om te spring soos ’n sprinkaan?Hy maak almal bang met sy trotse gesnork.

24. Hy kap die grond met sy pote.Hy is bly oor sy krag.As hy in die geveg storm,

25. is hy vir niks bang nie.Hy hardloop nie weg van wapens nie.

26. Die pyle raas rondom hom.Spiese en swaarde flits in die son.

Lees volledige hoofstuk Job 39