Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Kan jy vir die leeuwyfie prooi vang wat genoeg sal wees vir haar kleintjies

2. waar hulle lê en wag in hulle wegkruipplek,waar hulle skuil in die bosse?

3. Wie gee kos vir kraaie as hulle kleintjies na God roep en ronddwaal omdat hulle honger is?”

4. “Ken jy die tyd wanneer die bergbokke lam? Het jy gesien wanneer die wildsbokke kleintjies kry?

5. Weet jy hoeveel maande hulle draagtyd is?Weet jy wanneer hulle moet lam?

6. Hulle krimp inmekaar om geboorte te gee.Hulle geboortepyne is vinnig verby.

7. Die klein bokkies word groot in die oop veld.Hulle verlaat die ouers en kom nie weer terug nie.

8. “Wie laat die wildedonkie vry rondloop?Wie maak sy harnas los?

Lees volledige hoofstuk Job 39